Die polisie het Donderdag ’n 25-jarige webontwerper in Houghton, Johannesburg, in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van kinderpornografie en geldwassery.
Italië se hoogste hof het Donderdag die skuldigbevinding van Amanda Knox aan laster bekragtig in ’n saak wat verband hou met die opspraakwekkende moord op haar Britse huismaat in Italië in 2007.